2010-03-13

This blog has moved


This blog is now located at http://cyphafrica.blogspot.com/.
You will be automatically redirected in 30 seconds, or you may click here.

For feed subscribers, please update your feed subscriptions to
http://cyphafrica.blogspot.com/feeds/posts/default.

2010-03-03

Virgin Mobile but I am not

Last night, and again this morning, I noticed the server of Virgin Mobile (South Africa) was redirecting to an error page.


Things got worse, though. I couldn't leave my complex to get to the office because, according to the husky voice I reached when trying to call the gate (to open), my “prepaid service” needed recharging. But I have a contract! Unconnected events? I think not. Now, if only they could fix the website so I could call them and they could stop looking so cheap and nasty...

2010-02-22

Curious case of Telkom mobile rates


I have just been perusing the published rates of Telfree, my VOIP provider, and noticed that calls to Telkom's (limited) CDMA mobile network are charged at R0,84 per minute as opposed to R1,62 per minute to other networks. Now, all of South Africa has been following a drawn-out saga that ended in an announcement that on 1 March 2010 the peak mobile interconnection rate would be cut from R1,25 to R0,89 per minute. So, how can the calls to Telkom CDMA network be so relatively inexpensive? It's still cheaper to call landlines in Slovakia (R0,51) and not much more expensive to call a Swedish mobile phone (R1,09) but nevertheless, all still does not seem well in the murky world of South African regulated interconnection.

Labels: , , , ,

2010-01-09

Minus nul vir Omaha, sê Wikipedia

Die klimaatstatistieke op Wikipedia bly vir my lekker vermaak. Ek het só byvoorbeeld geleer dat Bogotá (die Afrikaanse inskrywing is tans net 'n dop) baie lekkerder moet wees as wat 'n mens eintlik sou dink. Soos dit nou maar gaan, beland ek nou-die-aand op die inskrywing vir Omaha, vermoedelik via The Onion, waar 'n gruwelike omskakelingsfout op die oog val.

In die bronkode word die temperature in grade Fahrenheit gegee, en Wikipedia gebruik duidelik twee of drie lyne kode om dit na Celsius om te skakel. Dié algoritme toets blykbaar eers of die oorsponklike temperatuur in Celsius negatief gaan wees al dan nie, bepaal die teken van die antwoord, en skakel dan die heelgetalgedeelte om. Aangesien negatiewe temperature in Fahrenheit min voorkom, gaan dié probleem vir omskakeling van Celsius na Fahrenheit nie veel voorkom nie. Die korrekte benadering is natuurlik om die Fahrenheit-temperatuur eers na 'n afgeronde Celsius-waarde om te skakel en dan die teken van die heelgetalgedeelte te skei. Wiskundig gestel, die funksie sgn(x) wat die waarde -1; 0 of 1 aanneem, kommuteer nie met die funksie round(x) wat x afrond tot die naaste heelgetal, nie.

2010-01-03

Grootboet Nieu-Seeland

Aucklandse prokureur Tim McBride merk met reg op dat die Nieu-Seelandse polisie se nuut verworwe magte om, met 'n hofbevel, in te luister op alle elektroniese kommunikasie, vergelyk kan word met die installasie van afluisterapparatuur in iedere huis, kantoor, kroeg, koffiewinkel en op elke straathoek. 'n Artikel in die Sunday Star Times beweer dat wetgewing in dié verband op die aandrang van die Amerikaanse FBI implementeer word, hoewel die VSA-grondwet 'n dergelike ingryping in die VSA onmoontlik maak, soos ek dit verstaan.


Die installasie van 'n enorme afluister-infrastruktuur hou, volgens die Kiwi-polisie, geen gevaar in vir dié wat onskuldig is nie. Let op die slenter in dié stelling, wat algemeen gebruik word om owerheidsvergrype te regverdig. Daar word 'n skuldig/onskuldig-tweespalt gespek vóór 'n verhoor plaasgevind het. Hoe weet ons dan wie „onskuldig” is? Wel, dit is natuurlike diegene wat nie deur die polisie afgeluister word nie. Droom hulle van swart laarse?

Bron

NZ's cyber spies win new powers (NICKY HAGER - Sunday Star Times) http://www.stuff.co.nz/national/3203448/NZs-cyber-spies-win-new-powers